top of page

Graad R

Graad R is die heel belangrikste jaar in enige kleuter se lewe. Dit is die jaar wat hy/sy die oudste in die skool is en leiding neem. 

 

Dit is ook die jaar waarin vaardighede verfyn word om 'n suksesvolle skoolloopbaan te verseker. Om al die vaardighede onder die knie te kry is 'n proses wat die kind reeds as baba begin.

 

Emosionele opgewassenheid vir Graad 1 is van kardinale belang. 'n Bekende omgewing met bekende mense vergemaklik die emosionele groei sodat die kind met trots kan skuif na Graad 1.

 

Dit is ook nie moontlik om alle nodige vaardighede in een jaar in te neem nie, dus neem ons geen nuwe Graad R kleuters in nie. Slegs bestaande Kleutergenot kleuters word toegelaat om die Graad R jaar by ons te voltooi.

Spesiaal vir Graad R

As deel van die voorregte van ons Graad R kleuters word die volgende aktiwiteite spesiaal vir hulle aangebied: 

Rekenaarvaardigheid

Blokfluit

Afrikaans: Taalverryking

 Engels: gesprekke

bottom of page