top of page

Kommunikasie

Aangesien 'n kind sy/haar dag by meer as een plek deurbring is dit belangrik dat voldoende kommunikasie tussen partye geskied.

 

Ons handhaaf 'n oopdeur beleid. Ouers is enige tyd welkom om met ons te kom gesels oor nuwe idees, vrae of bekommernisse.

 

'n Oefengids met gedagtes oor die temas, speletjies, versies, liedjies, ens. is weekliks beskikbaar, sodat die ouers met die kind kan gesels oor die week se gebeure en gepaste speletjies kan speel om nuwe vaardighede in te oefen.

Wanneer enige inligting aan ouers deurgegee moet word maak ons gebruik van 'n kommunikasie applikasie ('app'). Dit is ‘n gebruikersvriendelike applikasie wat op ‘n selfoon of rekenaar afgelaai kan word. Slegs ouers met kinders in Kleutergenot het toegang tot interne kommunikasie, anders as ander stelstels wat die enige party gesien kan word.

 

Ons het gevind dat die ouers wat die speletjies in die Oefengids gereeld met hul kinders speel, se kinders meer selfvertroue het en beter vordering toon.

 

bottom of page