Kleutergenot Kleuterskool
Hoek van Jochemstraat en Petrusstraat, Rietvalleirand. (066) 416 0053 / (071) 624 3529
Temas
Ons glo dat uitgebreide algemene kennis die grondslag lê vir verdere leer.
Daar word elke week aandag aan 'n nuwe tema geskenk. Dieselfde temas word jaarliks herhaal.
Dit gee die kind die geleentheid om bestaande kennis oor 'n tema te onthou, asook nuwe ouderdomsgepaste kennis oor die temas in te win.
Elke week se aktiwiteite word by die tema aangepas, byvoorbeeld vir Klere:
• Bybelverhaal - Josef se kleed
• Wiskunde - tel en sortering van kledingstukke volgens grootte
• Wetenskap - die werking van waspoeier,
• Fynspierbeheer - knope vas- en losmaak, ryg, knip, klere ontwerp
• Grootspierbeheer - regte klere was en ophang
• Persepsie -teksture van klere voel en verskillende versagmiddels ruik
• Fantasie - klere aantrek
• Taal - gepaste stories, liedjies en versies oor klere.